Welkom by my webtuiste!
Meer oor my
Hallo, my naam is Marzanne, en ek is ‘n Afrikaanse skrywer wat humoristiese kontemporêre, en litirêre fiksie skryf. Ek bly in Benoni saam met my man, seun en twee Boston Terriers. Spot maar, dit is lekker hier!
Ek skryf stories met vroulike hoofkarakters in unieke, absurde situasies wat met humor teëspoed oorkom deur middel van vriendskap. Alhoewel my stories dikwels tema’s van seksualiteit, selfrespek, selfbeeld, ambisie en wraak verken, sal jy vind dit is alles geanker in ‘n moerse goeie sin vir humor. My taalgebruik is ook aan die ontspanne kant en dit reflekteer in my skryfstyl wat dikwels slang in het (jammer purists!) My stories is defnitief nie vir almal nie, maar ek hoop jy gee dit ‘n kans, al is dit effens vreemd.
My debuut roman word die 3de Mei 2027 gepubliseer deur Tafelberg Uitgewers, hou ‘n oog uit daarvoor!
Ek het nog altyd ‘n passie vir Afrikaans en ek voel bevoorreg om deel te wees van die Suid Afrikaanse litirêre landskap.
Enige advies vir skrywers wat in Afrikaans gepubliseer wil word?
Skryf is so ‘n persoonlike drang by elkeen dat die proses maar gaan afhang van wat vir jou werk. Die enigste reël waarin ek glo is skryf baie en lees baie!
Sal jy asseblief my manuskrip vir my skryf?
Ongelukkig nie! Ek het self soveel stories wat ek graag wil skryf, ek weet sommer ek gaan nooit reg laat geskied met joune nie. Buitendien, dit gaan oor meer as net pen teen papier sit, doen dit nie? Ek wil jou nie van daardie ervaring ontneem nie.
Sal jy asseblief my manuskrip lees en terugvoering daarop gee?
Ongelukkig nie! Ek maak self staat op ‘n professionele span om my stories op te skerp, ek is glad nie in staat om so ‘n diens te lewer nie.
Ek ontvang elke epos persoonlik maar mag dalk ‘n paar dae vat om na jou toe terug te kom. My epos adres is hallo@marzannerautenbach.co.za
